|
GereedskapAnder tale
|
Wit-Rusland
Wit-Rusland is 'n land in Oos-Europa. In Russies heet die land Беларусь, getranslitereer "Belaroes" (soms "Belarus"): "Wit-Rusland" is 'n letterlike vertaling van hierdie term. Die land grens aan Rusland in die noorde en ooste, aan Oekraïne in die suide, Pole in die weste en aan Letland en Litaue in die noorde. Minsk is die hoofstad en ook die grootste stad in die land. 'n Derde van die land is bebos en landbou is een van die sterkste ekonomiese sektors. Tot en met die 20ste eeu het die Wit-Russe nie 'n geleentheid gehad om 'n aparte nasionale identiteit te ontwikkel nie, siende dat die land van die hedendaagse Wit-Rusland aan verskeie ander lande behoort het. Na die kortstondige Wit-Russiese Volksrepubliek (1918-19) het die land deel van die Sowjetunie geword, die Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek. Die finale vereniging van die verskillende dele van die land met sy moderne grense het in 1939 plaasgevind, toe land van etniese Wit-Russe wat deel van Pole was deur die USSR geannekseer is en by die Sowjetse Wit-Rusland gevoeg is. Die gebied en sy nasie het grootskaalse verwoesting gesien tydens die Tweede Wêreldoorlog: die land het 'n kwart van sy bevolking verloor en meer as die helfte van sy ekonomiese hulpbronne.[1] Die land het in die jare na die oorlog stelselmatig herstel en een van die stigterslede van die Verenigde Nasies geword. Die parlement van die republiek het die soewereiniteit van Wit-Rusland op 27 Julie 1990 verklaar en, na die val van die Sowjetunie, is Wit-Rusland op 25 Augustus 1991 onafhanklik verklaar. Aleksandr Lukasjenko is sedert 1994 die land se president. Wit-Rusland is sedert 1996 besig om met Rusland te onderhandel om as 'n enkele staat, die Unie van Rusland en Wit-Rusland, te verenig. Die grootste deel van Wit-Rusland se 9,85 miljoen inwoners woon in die stedelike gebiede om Minsk en ander streekshoofstede.[2] Die land het twee amptelike tale: Wit-Russies en Russies. Die land erken nie 'n staatsgeloof nie, alhoewel die Russiese Ortodokse geloof die primêre geloof in Wit-Rusland is. [wysig] BronneWhitaker, Joseph. (2008) Whitaker's Almanack 2008. London: A. & C. Black. ISBN 978-0-7136-8554-1. bl. 763. Albanië | Andorra | Armenië2 | Azerbeidjan1 | België | Bosnië-Herzegowina | Bulgarye | Kroasië | Ciprus2 | Denemarke | Estland | Finland | Frankryk | Duitsland | Georgië1 | Griekeland | Hongarye | Ysland3 | Ierland | Italië | Letland | Liechtenstein | Litaue | Luxemburg | Macedonië | Malta | Moldawië | Monaco | Montenegro | Nederland | Noorweë | Oostenryk | Pole | Portugal | Roemenië | Rusland1 | San Marino | Serwië | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Switserland | Tsjeggië | Turkye1 | Oekraïne | Verenigde Koninkryk | Vatikaanstad | Wit-Rusland Afhanklikhede: Akrotiri and Dhekelia2 | Faroëreilande | Gibraltar | Guernsey | Jan Mayen | Jersey | Eiland Man | Svalbard 1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië , maar gereeld beskou as deel van Europa agv kulturele en historiese oorwegings. 3. Land deels in Noord-Amerika |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||