|
|
Wikipedia:Geselshoekie
Sien ook:
Verdere hulp:
Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die
Geselshoekie argiewe:
'n Argief van ouer onderwerpe is te vinde by:
Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: teken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon ( ) te kies op die redigeringskieslys.
Ou besprekings word na die argiewe geskuif (sien die kieslys regs). As u 'n gesprek wat in die argiewe is wil voortsit, word dit aanbeveel om die betrokke dele uit te knip en hier te plak.
Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.
Internet Relay Chat (of IRC) word gebruik om aanlyn met ander gebruikers te klets. Inligting oor die Afrikaanse kletskamer is hier beskikbaar.
[wysig] OUMA GROOITJIE
EK HET DIE VOORREG OM OP MY OUMA GROOTJIE SE 85E VERJAARSDAG AS SEREMONIMEESTER OP TE TREE MAAR SOEK NA IETSIE OM TE SE WWW.PIETER@OPPIKNOPPI.CO.ZA
Ek het onlangs twee oorspronklike skilderye ontvang wat geskilder is deur ene Charl van Niekerk. Die datum op die skilderye is 1953 en dit lyk asof dit met "waterverf" geskilder is. Waar kan ek die stukke laat waardeer. Sal ook meer inligting wil bekom oor Charl van Niekerk?
[wysig] Eugene Marais
Hy het Afrikaans verander deur die gedig winternag te skryf en het my lewe verander. Ek gaan nie se hoe nie, maar dit het en dit kan joune ook verander 41.208.50.176 15:59, 17 Mei 2008 (UTC).
- Die gedig is orals op die Internet en ook op die Engelse wikipedia beskikbaar. So, ek neem aan ons kan dit ook hier by Eugene Marais bywerk. Frank (kontak) 18:17, 17 Mei 2008 (UTC)
Hallo almal. Dié van julle wat my besprekingsblad dophou, het dalk al opgemerk dat 'n paar mense my vra om die een of die ander te doen ter wille van die nuwe enkel-gebruikerrekeninge (waarvan Anrie ook vroeër geskryf het, dink ek). Ek wil vra wat almal se opinie is in verband met versoeke dat ek plaaslike rekeninge skrap sodat 'n gesogde naam beskikbaar raak hiervoor.
My opinie is dat ek nie sommer 'n Afrikaanse gebruiker se rekening sal wil opskort net omdat iemand wat nog nooit hier bygedra het, nou vra dat ek dit doen nie. Vir ander mag dit dalk redelik lyk om goeie globale WP-burgers te wees in die geval waar die plaaslike gebruiker lanklaas aktief was of min wysigings gedoen het. Ons moet natuurlik maar oor die hele beginsel besluit, nie net oor 'n gevalle soos wat ek nou hier bespreek nie. Ek hoor graag wat julle dink. --Alias (kontak) 05:37, 20 Mei 2008 (UTC)
- Ek het nou lank hieroor nagedink en gaan rond lees, ens. maar ek weet nog nie so mooi nie. Ek dink nie mens moet dit as 'n swart-wit ding sien nie, maar eerder saak-per-saak evalueer.
-
- In die geval waar die gevraagde gebruikersnaam geen, of feitelik geen, bydraes het nie, (bv. Spesiaal:Contributions/Vrystyl), voel ek die oorskakeling kan sonder enige sorge gedoen word.
-
- In gevalle waar daar aansienlike bydraes deur een persoon was, kan mens die persoon altyd eers kontak (indien moontlik) en vra of hy/sy sou omgee om sy/haar gebruikersnaam af te staan. Indien wel, geen probleem, dan doen mens dit. Indien nie, geen probleem, dan doen mens dit nie.
- Dis hoe ek voel oor die saak. Anrie (kontak) 12:58, 20 Mei 2008 (UTC)
- Sjoe, dit is 'n netelige saak. 'n Mens raak nogal geheg aan jou gebruikernaam as jou alter ego. Ek sou verkies dat dit net gedoen word met die gebruiker se toestemming. Dit gee natuurlik 'n probleem met nie-aktiewe gebruikers. Die gebruiker wat die enkel-naam wil hê moet maar een kies wat beskikbaar is op alle domeine. hansjoseph (kontak) 07:39, 21 Mei 2008 (UTC)
[wysig] Kalender Sjablone
Hallo almal,
Ek het die Kalender Sjablone opgedateer sodat hulle nou almal selfonderhoudend is. Ja dit sluit die hantering van skrikkeljare ook in. Ek het basies die Engelse Wikipedia se Sjabloon gebruik as wegspringplek en so bietjie verander om by ons huidige styl en skakels te pas.
Gebruik asseblief dus die volgende om 'n Kalenderblok van 'n betrokke maand op 'n blad te plaas:
bv. {{MeiKalender}} vir Mei maand
Kommentaar oor verbetering van hierdie reeks sjablone is welkom. Sien ook die lys van hierdie tipe sjablone.
- Baie dankie, Arno. Ek sal die sjablone vir Januarie dan vervang. Anrie (kontak) 12:47, 20 Mei 2008 (UTC)
-
- Fantasties!! Ons soek al meer as 'n jaar daarna. Baie dankie! Kan jy dit so maak dat dit sê Januarie 2008 pleks van net Januarie en dat dit dan volgende jaar outomaties sê Januarie 2009? hansjoseph (kontak) 07:44, 21 Mei 2008 (UTC)
Ek sal begin kyk hierna.
-
-
- Ek dink dit behoort maklik genoeg met die {{CURRENTYEAR}} gedoen te word? Wanneer mens dit skryf, sê dit dan 2008, en volgende jaar sal dit dan die nuwe huidige jaar weergee. Anrie (kontak) 07:59, 21 Mei 2008 (UTC)
Om die "2008" / "2009" te wys behoort nie 'n probleem te wees nie, ek stel voor ons by die gebruik dat die "Januarie" skakel na die 'algemene' Januarie artikel en ek sal dan die "2008" / "2009" laat skakel na die 'algemene' artikel oor daardie jaar. Ons het nog nie genoeg artikels (soos die engelse) om te verander dat ons die kombinasie term "Januarie 2008" na 'n artikel wat slegs oor gebreure/beskrywings van daardie spesifieke maand in die geskiedenis te skakel nie. Arnobarnard (kontak) 10:16, 21 Mei 2008 (UTC)
Die Sjablone behoort nou reg te werk. Wys laaste 12 maande: dus Mei 2008 gee die tydinterval Junie 2007 tot Mei 2008 (wat natuurlik outomaties opdateer). Terugvoer welkom. Lees asb ook die voorskrifte in die sjabloon (indien daar is!) voor enige veranderings daaraan.Arnobarnard (kontak) 12:15, 21 Mei 2008 (UTC)
- Uhm... November wys nou November van 2007? Anrie (kontak) 19:43, 21 Mei 2008 (UTC)
Uit my laaste paragraaf "Wys laaste 12 maande: dus Mei 2008 gee die tydinterval Junie 2007 tot Mei 2008 ..." Arnobarnard (kontak) 07:52, 22 Mei 2008 (UTC)
En toe raak ek mal en het sommer ook Sjabloon:Maande opgedateer (ek dink dit lyk nou beter) en ook a.g.v 3 November die sjabloon Sjabloon:VerwanteDatums geskep. Terugvoer welkom. Indien die terugvoer goed is kan lg. sjabloon verder versprei word.Arnobarnard (kontak) 12:10, 22 Mei 2008 (UTC)
- Dankie vir al hierdie werk. Het jy dié gesien? Weereens dankie. --Alias (kontak) 12:50, 22 Mei 2008 (UTC)
[wysig] Bad Gateway
As ek vanoggend na die tuisblad gaan kry ek 'n "502 Bad Gateway" fout. Ek moes ook 'n ompad gebruik om die geselshoekie te wysig - is dit uniek tot my internetdiensverskaffer of 'n algemene probleem? Enige raad?
laurens (kontak) 05:50, 24 Mei 2008 (UTC)
- Ek het geen probleem met enige van die bladsye nie. Groete. Frank (kontak) 05:53, 24 Mei 2008 (UTC)
- Laurens - ek kry dit ook. Ek is by SAOL. Dis nogal irriterend. Die fout ("A DNS lookup error occurred.") is uit die aard van die saak verkeerd, aangesien dit dieselfde naam wel kry om na hierdie bladsy te kom. --Alias (kontak) 06:29, 24 Mei 2008 (UTC)
- Geen probleme van hierdie kant af nie. Anrie (kontak) 07:54, 24 Mei 2008 (UTC)
-
- Ek kry hierdie probleem van gister af op ander webtuistes, maar nie op Wikipedia nie. Die probleem lyk ook asof dit nou nie meer op die ander webtuistes bestaan nie. Dalk het dit te doen met 'n nasionale netwerkprobleem, of net toevallig dat die ander webtuistes se bedieners ook probleme gegee het. Ek weet nie eintlik nie. Adriaan90 (kontak) 12:56, 24 Mei 2008 (UTC)
-
-
- EK is (tot my skaamte) 'n Telkom kliënt - - dit lyk of Wikipedia nou werk maar die Internet is vrek stadig. laurens (kontak) 16:13, 24 Mei 2008 (UTC)
-
-
-
- Ja, my internet is ook nou weer stadig. Ek kry error 504 op meeste webtuistes wat ek besoek.Adriaan90 (kontak) 18:00, 24 Mei 2008 (UTC)
[wysig] wetenskap ekspo
Hi daar Ek is in gr 7 en ons moet `n taak maak oor wetenskap ekspo en my kategorie is energie. Ons moet die probleem, moontlike oplossing, agtergrond van ondersoek, Resultate bv:grafieke,sketse,foto`s,tabelle ens.En die gevolgtrekkings en bronne he vir die taak en ek weet nie wa om dit te kry nie. Groot asb is da iemand wat my kan help en my e-mail om te se wa ek in kan gaan om dit te kry. My e-mail adres is r.w@absamail.co.za. Dankie Charlene.
- Haai, Charlene. Jy kan bietjie rondloer by die volgende artikels: Energiekrisis, Energie en Hernubare energie. Verder bevat die kategorie Kategorie:Energie nog artikels wat energie as onderwerp het. Sterkte met jou taak. Anrie (kontak) 18:07, 24 Mei 2008 (UTC)
- Hi Charlene, Die artikel oor Eskom sal dalk ook help. hansjoseph (kontak) 08:58, 25 Mei 2008 (UTC)
- Hallo Charlene. Wanneer jy inligting soek is dit ook 'n goeie idee om soveel moontlik bronne te gebruik. Alhoewel ons hard probeer om Afrikaanse Wikipedia soveel moontlik uit te brei is ons artikels maar nog skraps. Volg gerus ook die skakels na die Engelse Wikipedia vanaf die bogenoemde artikels. Ons sal ook graag terugvoer wil hê van hoe nuttig die afrikaanse Wikipedia was en waar ons sou kon verbeter. Skoliere soos jy is een van ons hoof teiken gebruikers en dus is terugvoer van mense soos jy baie waardevol vir ons. Sterkte met die taak. Arnobarnard (kontak) 09:15, 26 Mei 2008 (UTC)
[wysig] HAT Woordeboek
Waar kan ek die HAT woordeboek vind om te help met Groot Blokraaisels?
- Die HAT is nie op die web beskikbaar nie. Jy sal dit by enige biblioteek kry. Groete hansjoseph (kontak) 09:00, 25 Mei 2008 (UTC)
-
- As jy wil kan jy een vir minder as R300 koop vanaf http://www.kalahari.net/books/HAT/632/28930842.aspx Frank (kontak) 09:25, 25 Mei 2008 (UTC)
[wysig] Pantsula
Hi my naam is ..... en ek is in gr.8, La Rochelle. Ek is besig met 'n kuns en kultuur projek en soek graag informasie oor die Pantsula dans. Waar kan ek meer daaroor uitvind?
- Miskien moet ons maar so 'n artikel hier begin by Pantsula. Klim asb. in en help! Frank (kontak) 13:40, 25 Mei 2008 (UTC)
[wysig] Sjabloonriglyne
Ek het sjabloonriglyne geskep. Bydraes welkom en plaas asseblief terugvoer op die besprekingsblad. Arnobarnard (kontak) 10:30, 26 Mei 2008 (UTC)
[wysig] Afkortings vir monoksied en dioksied
Bestaan daar aanvaarde afkortings vir "monoksied" en "dioksied"? My woordeboeke bied geen. Anrie (kontak) 11:06, 27 Mei 2008 (UTC)
- Nie wat ek van weet nie. Gewoonlik waar die terme baie gebruik word, bv in verbindings soos Koolstofdioksied, word die chemiese afkorting vir die verbinding, bv CO2 gebruik. Arnobarnard (kontak) 11:13, 27 Mei 2008 (UTC)
[wysig] Gebruik van Hotcat-gadget
Ek weet nie of enige van die gebruikers hier bekend is met die Commons se "hotcat"-funksie nie, maar dit maak (her)kategorisering van artikels 'n droom. Ek sal dit graag hier wil installeer, maar ek is nog besig om van hierdie goed te leer: dus, indien iemand dink dat hulle meer weet as ek en dit maklik sal kan doen, noem ek dit hier. Dis te kry by [1] (sien ook die besprekingsblad). Anders gaan ek dit vanaand of môre probeer. Anrie (kontak) 13:28, 27 Mei 2008 (UTC)
- Dit lyk of dit nou werk. Sien Wikipedia:Hulpmiddels/HotCat. Anrie (kontak) 18:13, 31 Mei 2008 (UTC)
-
- Ek sien die ding sit die kategorie skakels onder die interwiki skakels. Hier is 'n voorbeeld. Is dit 'n probleem of maak dit nie regtig saak nie? Groete. Frank (kontak) 18:16, 31 Mei 2008 (UTC)
-
-
- Nie 'n probleem nie - behalwe vir die mense wat te lui is om 'n ekstra split-sekonde lank af te "scroll" as hulle die kategorie op die normale wyse wil wysig. Anrie (kontak) 18:19, 31 Mei 2008 (UTC)
-
-
-
- Gaaf, dankie Anrie! Ek het al so gewoont geraak aan die formaat dat die artikel skoon snaaks lyk. Wys net hoe gou mens in 'n groef verval. Groete. Frank
Hoe voeg mens meer as een kategorie op 'n slag by? Adriaan90 (kontak) 10:36, 1 Junie 2008 (UTC)
- 'n Baie nuttige gadget, dankie Anrie! Adriaan90 (kontak) 11:01, 1 Junie 2008 (UTC)
-
- Dis 'n plesier, maar ek het dit maar net gekopieër en bietjie aangepas. Mens kan ongelukkig op die oomblik nog net een kategorie per keer toevoeg. Anrie (kontak) 21:55, 1 Junie 2008 (UTC)
[wysig] Gesoekte bladsye
Enige rede hoekom Gesoekte bladsye se opdatering afgeskakel is? Arnobarnard (kontak) 10:17, 29 Mei 2008 (UTC)
- Geen idee. Sover ek kon sien was dit ook by ander Wikipedias afgeskakel (as ek reg onthou). Ek beskou dit nie as 'n verlies nie - die bladsy het 'n wanindruk geskep van wat werklik gesog is. Anrie (kontak) 11:05, 29 Mei 2008 (UTC)
-
- 'n Lys van Kategoriebladsye sonder taalskakels (soortgelyk aan bladsye sonder taalskakels) sou nogal handig gewees het. Groete. Frank (kontak) 18:33, 29 Mei 2008 (UTC)
[wysig] Belangrike aankondiging
Die Unified Login is nou aan alle gebruikers beskikbaar. Julle word sterk aangeraai om julle rekenings te merge by Special:MergeAccount (selfs al besit julle slegs 'n rekening hier, sodoende word julle gebruikersname by al die Wikimedia-projekte geregistreer). Anrie (kontak) 10:48, 29 Mei 2008 (UTC)
[wysig] 'n Bietjie terugvoer
Ek het op 'n Koreaanse webjoernaal afgekom waar ons projek positiewe terugvoer kry: mithridates.blogspot.com --Voyageur (kontak) 22:26, 29 Mei 2008 (UTC)
- Dankie, dit was nou baie interessant! Hoe het jy hierop afgekom? Anrie (kontak) 10:46, 30 Mei 2008 (UTC)
- Ek loer soms 'n bietjie by http://www.google.co.za in en soek resultate vir "Afrikaanse Wikipedia". --Voyageur (kontak) 10:53, 30 Mei 2008 (UTC)
-
-
- Dis 'n goeie idee. In elk geval, dit was 'n interessante artikel, baie dankie. Anrie (kontak) 10:55, 30 Mei 2008 (UTC)
-
-
-
- Nogal 'n sterk verkoopspunt vir Afrikaans as beginnertaal vir nie-Europeërs om te begin leer aan 'n taal van Europese afkoms is die feit dat 'n mens in Afrikaans jou nie so hoef te bekommer oor verbuigings nie en dus hoofsaaklik op sinstruktuur en woordorde kan fokus. --RAM (kontak) 13:36, 30 Mei 2008 (UTC)
[wysig] Vloed van nuwe artikels
Is ek die enigste een wat bietjie bekommerd oor hierdie is? Anrie (kontak) 15:14, 30 Mei 2008 (UTC)
- Ek stem saam dat ons met die oog op die 10 000 artikels-mylpaal op gehalte moet aandring. Ek het self baie artikels geskep wat nog nie klaar is nie en waaraan ek graag nog wil timmer voordat ons moontlik 'n bietjie aandag in die pers sal kry. --Voyageur (kontak) 16:27, 30 Mei 2008 (UTC)
-
- Wel, dis reg nou. Ons is baie naby aan 10k. Sal ons op die 6e/7e elektronies bymekaarkom en spesifiek op skoonmaak en verbeterings fokus? Iemand in Suid-Afrika (Gauteng) wat vir middagete wil braai? (Alias wat weer probeer om mense bymekaar te kry.) --Alias (kontak) 16:59, 30 Mei 2008 (UTC)
-
-
- Klink vir my goed. Sal ongelukkig nie 'n braai kan bywoon nie :( . Jy kan miskien vir laurens per e-pos probeer kontak, hy was bietjie lank laas hier en ek weet nie of hy hierdie boodskap sal raak sien nie.
-
-
- Ek sal graag wil hê dat, voor ons 10 000 bereik, Kategorie:Wikipedia_skoonmaak, Kategorie:Gaan taal na en moontlik selfs Kategorie:Bladsye wat vertaal moet word leeg sal wees. Anrie (kontak) 17:32, 30 Mei 2008 (UTC)
-
-
- Ek het nou gedink dat sal maklik wees om na te sien en van dit te versorg, maar net Alfa het langer geneem as wat ek bereid is om op sulke artikels te spandeer. Anrie (kontak) 17:52, 30 Mei 2008 (UTC)
- Ek het voorgestel dat die gebruiker, Africa South, sy artikels met {{gaan taal na}} merk en nie te veel op 'n slag doen nie. Diegene wat dus belangstel om hierdie artikels te versorg behoort hulle by Kategorie:Gaan taal na te vind (of gooi 'n ogie by Spesiaal:Contributions/Africa_South). Ek het verduidelik dat artikels waaraan daar mettertyd nie aandag geskenk is nie, vir verwydering mag kwalifiseer. Anrie (kontak) 20:34, 30 Mei 2008 (UTC)
-
-
-
- Ek hoop net regtig nie ons tienduisendste artikel gaan so een wees nie. Niemand gaan ooit verder werk aan hierdie artikels nie. Die af.wikipedia se geskiedenis het dit nou al oor en oor bewys. Volume sonder kwaliteit is baie skadelik vir so 'n klein wikipedia. Dit laat baie lesers wat willekeurig deur die blaai werk met die indruk dat hier sommer net 'n klomp tjol is. --RAM (kontak) 06:22, 31 Mei 2008 (UTC)
- Dit lyk my daar's groot eenstemmigheid - ons moet nou op kwaliteit fokus. Anrie, ek hou ook van jou doelwitte. Ek is binnekort waarskynlik van lyn af vir die naweek, maar mense wat belangstel om bymekaar te kom (virtueel of in lewende lywe), kan dalk 'n aantekening hier maak: Wikipedia:Wiki-skryfmarathon/Pre-10k. My plekkie is beskikbaar vir 'n lewende-lywe-byeenkoms (as daar belangstelling is, reël ons dit onderling per e-pos). --Alias (kontak) 08:02, 31 Mei 2008 (UTC)
-
- Ok, dit lyk my daar is geen belangstelling in 'n virtuele of werklike bymekaarkoms nie. Ek het reeds ook 'n afspraak of wat vir die naweek. Dis dalk nog 'n week of wat voor ons die groot merk tref. Ek hoor graag as mense wel belangstel in 'n geleentheid op 'n latere datum. --Alias (kontak) 14:22, 5 Junie 2008 (UTC)
Die rede wat altyd gebruik word ter verdediging van hul bestaan, is dat dit skakels na nie-bestaande artikels kan bevat: iets wat kategorieë nie kan doen nie. Hierdie verdediging is egter slegs geldig by volledige lyste: Stede van België kwalifiseer nie as 'n artikel óf 'n lys nie - en hy is maar een van 'n hele paar.
Sal ons hierdie soort onvolledige lyste summier skrap? Merk met 'n nuwe sjabloon, iets soos "onvoltooide lys" en dan na twee weke skrap? Moet ek hulle een-vir-een vir verwydering nomineer? Anrie (kontak) 08:43, 31 Mei 2008 (UTC)
- Daar is niks verkeerd om die lyste as onvolledig te merk of met ander lyste saam te smelt nie, maar dit klink 'n bietjie drasties om hulle te wil skrap. Sal dit nie makliker wees om hulle net op te dateer nie? Frank (kontak)
-
- Om eerlik te wees, het ek in my gebruik van Wikipedia oor die afgelope drie jaar nog nooit vir 'n lys gesoek nie, of as ek op een geland het, dit interessant gevind nie. So, as ek nou daaroor dink, sien ek nie juis die doel wat dit dien nie, behalwe dat dit miskien by die artikeltelling tel? Adriaan90 (kontak) 09:05, 31 Mei 2008 (UTC)
-
- Lyste kan help wanneer dit volledig is, bv. Lys_van_elemente_volgens_naam is handig, veral as die kategorie Kategorie:Chemiese elemente nog nie volledig is nie.
-
- Dit is nie makliker om 'n lys op te dateer nie, baie mense dink verkeerdelik dat dit so is. (Dit hang natuurlik ook af van watter lys dit is.) Anrie (kontak) 09:20, 31 Mei 2008 (UTC)
-
-
- Ek is nogal 'n voorstander van lyste, mits hulle volledig is. (Of teminste so naby as wat kan kom; eiebelang by die Lys van Pouse ;) ). Ek het reeds voorheen in die geselshoekie opgemerk oor die Lys van Prominente Afrikaners (wat Joan Hambridge bevat waarvan ek twyfel of sy 'n prominente Afrikaner wil wees) en Lys van bekende Suid Afrikaners) My voorstel is om die inhoud van die eerste te skuif na die tweede een (wat tog baie kort is) en die eerste een dan te skrap. Ek sou dit self gedoen het, maar ek kan nie skrap nie.
- Daar is regtig 'n klomp lyste wat maar geskrap kan word. Ek stel voor jy sit die name van die kandidaatskrappings op die geseldhoekie sodat almal hulle stuiwer in die armbus kan gooi en skrap dan almal wat nie 'n 'ridder op 'n wit perd ' het nie. Die kategorie sal dalk doen as jy net almal waarku om daar te kyk. Groete hansjoseph (kontak) 10:00, 31 Mei 2008 (UTC)
-
-
-
- Alle lyste wat nie deel uitmaak van 'n egte artikel nie kan gerus geskrap word. Lyste met stede, chemiese elemente esv. is handig, maar ek stel voor ons voeg hulle as sjablone of iets dergeliks by die betrokke artikels. --Voyageur (kontak) 10:10, 31 Mei 2008 (UTC)
-
-
-
- Ek het nou so 'n paar genomineer by Wikipedia:Bladsyverwydering#fffff1_vir_verwydering. Anrie (kontak) 12:39, 31 Mei 2008 (UTC)
-
-
-
-
- Ek het weer bietjie gedink. (nare gewoonte wat ek so nou en dan het) Wanneer moet iets in 'n lys wees, wanneer in 'n kategorie en wanneer in 'n sjabloon? Kategorië word maar swak gebruik en die kategorieboom het dringend aandag nodig. 'n Sjabloon kan seker goed werk as die lys volledig is en net name bevat. Veral nuwelinge gaan eerder 'n lys skep as 'n sjabloon of 'n kategorie. Die oueres (ek bedoel in wiki terme) sal maar moet help. Dit is nie lekker as jou poging om kennis op te gaar dan nie waardeer word nie en kans loop om uitgevee te word. Ons het nuwe bydraers meer nodig as nuwe bydraes. Veral die kategorie-ding word soms nie mooi verstaan nie. Is daar iewers 'n duidelike en redelik volledige beskrywing van hoe die stelsel behoort te werk? Is daar 'n goeie manier om die problematiese lyste oor te skakel na sjablone of kategorië as dit wenslik is? Ek stem saam met Anrie dat die opdatering van 'n lys uit bv. die Engelse wiki 'n nie-triviale taak is en as ek nie in die onderwerp belangstel nie sal ek nie sommer die tyd afstaan om dit te doen nie, al is die lys hoe belangrik. Dit is egter belangrik dat soos ons die 10K merk nader ons biejie sal moet skoonmaak, maar ons moet nie vir onsself werk skep later aan nie. Die datum bladsye is 'n voorbeeld. Daar is nog heelwat leës, maar hulle sal vol kom met die tyd. Dit help nie om hulle nou uit te vee nie en dan later weer te skep, soos ek onlangs moes doen met jare in die 950tigs nie. Dan is daar nog die Soria-probleem wat al herhaaldelik genoem is, maar nog nie opgelos is nie. Maak maar voorstelle en ek sal probeer help. (solank dit my nie te lank van my pouse weg vat nie ;)) hansjoseph (kontak) 12:15, 2 Junie 2008 (UTC)
(uitgekeep vir leesbaarheid op lae resolusies)
'n Kategorie bevat skakels na bestaande artikels oor verwante onderwerpe. Kategorieë word nie so swak gebruik nie (ek gebruik dit baie) en ons het wel 'n paar gebruikers wat aandag daaraan skenk. Ek het al aandag geskend aan die gebruikersvriendelikheid van 'n paar kategorieë, deur hulle bietjie mooi te maak, ens., bv. Kategorie:Natuur en Kategorie:Politiek. Frank het al talle kategorieë opgedateer deur die interwikiskakels daarvoor by te voeg en Arno het self al ure besteë aan die (her)kategorisering aan artikels. Ander gebruikers skenk oor hier en daar daaraan aandag soos hulle 'n leemte sien, maar ek dink dat meeste gebruikers op die oomblik eerder nog op artikelinhoud (ons #1 prioriteit) wil fokus as die ander fasette - nie dat ek voel dat dit nie belangrik is nie, maar daar is só baie wat hier belangrik is, mens kan nie by alles uitkom nie, al wil mens ook.
'n Reekssjabloon is 'n vinnige manier om 'n leser vinnig na ander, verwante artikels te neem. So kan iemand direk vanaf Saturnus na Mars toe beweeg, sonder om 'n ekstra paar klieks aan kategorieë te spandeer. Kategorieë kan egter artikels bevat wat nie noodwendig van pas sou wees op 'n reekssjabloon nie en kan ook aansienlik langer wees. Sjablone het tog 'n nie-amptelike, ongedefinieerde lengte beperking, 'n reekssjabloon bv. oor al die voëls sou belaglik lank wees en onprakties met betrekking tot die laaispoed van artikels, ens.
Kategorieë kan egter slegs skakels na bestaande artikels bevat. Aangesien Kategorie:Chemiese elemente dus nog onvolledig is, kan Lys van elemente volgens naam handig wees vir iemand wat wil weet wat die name van al die chemiese elemente (in Afrikaans) is. Die volledigheid van 'n lys is dus wat sy bestaan regverdig en dis hoekom ek die onvolledige lyste vir verwydering genomineer het.
Kort artikels: sien nuwe bespreking hier onder, asb. Anrie (kontak) 12:46, 2 Junie 2008 (UTC)
- Ek spring nou hier in na daar al reeds baie gesê is (ek was vir 'n week op verlof!). Ek stem saam dat 'skoonmaak" nodig is, maar dis ook 'n deurlopende proses. Lyste kan nuttig wees maar kan ook onnodige herhaling van inligting in Kategorieë wees. Dalk is dit 'n opsie om onvolledige lyste eers te merk as artikels wat skoongemaak/uitgebrei(saadjies?) moet word, en as daar nie binne gegewe tyd aandag daaraan geskenk word nie kan dit verwyderingskandidate word. Lyste wat volledig is en dus ook skakels na artikels wat nog nie geskryf is nie bevat kan baie nuttig wees vir mense wat graag bydraes wil lewer om nuwe artikels te begin. Arnobarnard (kontak) 07:17, 9 Junie 2008 (UTC)
[wysig] Vertaling hulp vir WM bestuurs verkiesing asb..
m:Board elections/2008/Translation#ffffff, verkieslik voor die verkiesing begin op 2008-06-01. -- Jeandré, 2008-05-31t10:57z
[wysig] Kort artikels
Hansjoseph het hier bo genoem dat die saak met die Soria-artikels nog nie opgeklaar is nie, dus wil ek 'n paar voorstelle maak.
Ons het, soos ek dit sien, twee... nee, drie opsies.
- 1. Los dinge soos dit is. - :-(
- 2. Wanneer 'n gebruiker 'n hiperkort artikel teëkom wat hy voel liefs verwyder kan word, dan word dit vir verwydering genomineer. - :-|
- 3. Ons skep 'n reël wat die minimum lengte/inhoud van 'n artikel bepaal en enige iets onder dit kwalifiseer vir spoedige verwydering (diskresie sal natuurlik gebruik word). - :-D
My keuse, soos ek so smaakvol en subtiel hierbo aangedui het, is opsie nommer drie. Ek voel administrateurs kan diskresie gegun word om artikels onder 200 of 250 (of 'n ander gekose limiet) te skrap. Sien Spesiaal:ShortPages vir ons kortste bladsye. (Daar is natuurlik uitsondering, bv. dubbelsinnigheidsbladsye.)
Grepe dui natuurlik slegs op die aantal karakters in 'n bladsy, nie die werklike inhoud nie, en dis waarskynlik waar die diskresie-ding belangrik is. Los Villares de Soria (Soria) is in hierdie geval 306 grepe, maar is wat inhoud aanbetref aansienlik korter as Graskop (316 grepe) omdat die beeldsintaks die "greep"-meter hoër laat gaan het.
Inligtingskaste is nog 'n dink - as 'n artikel een sin en 'n volledige inligtingskas het, is dit steeds 'n een-sin-artikel? Wat van een artikel en 'n onvolledige/uitgedateerde/onvertaalde inligtingskas?
Sal graag wil hoor wat ander dink, sodat ons 'n besluit hieroor kan maak. Anrie (kontak) 13:09, 2 Junie 2008 (UTC)
- Ek dink ook ons moet so 'n reël oorweeg. Diskresie is egter belangrik. Want 'n kort een of twee sin artikel kan soms nuttig wees om 'n begrip toe te lig maar dan moet daar ten minste vanaf sinvolle artikels daarheen geskakel word. As ek byvoorbeeld na die mees gesoekte bladsye kyk sou ek sweer dat die af.wikipedia gemeenskap verskriklik belangstel in al die pouse van die Rooms Katolieke kerk :+ --RAM (kontak) 15:24, 2 Junie 2008 (UTC)
-
-
- Touché Renier! hansjoseph (kontak) 10:18, 3 Junie 2008 (UTC)
-
- Opsie 2 klink vir my die beste, maar dit hang natuurlik af van hoe dit toegepas word. As ons 'n enkele feit verloor is dit te veel. Vat eerder die artikel en brei dit uit. As dit nie anders kan nie, versmelt dit, skuif dit na 'n ander ruimte, of enige iets anders, maar asseblief, geen roekelose verwyderings of vermindering in die som van kennis wat hier gestoor word nie! Groete. Frank (kontak) 15:47, 2 Junie 2008 (UTC)
- My stem staan in die rigting van Frank s'n - as ons foute op artikels teëkom (bv. spelfoute), moet ons dit regmaak. As 'n artikel so onherkenbare slegte Afrikaans is dat ons voel dit doen meer afbreuk aan die ensiklopedie as wat dit bydra, kan mens verwydering oorweeg met die normale prosedure. Andersins maak mens mos maar eerder die spelfoute reg. Dus vir kort artikels - skryf 'n sin of twee by, doen 'n kategorisering, en merk as saadjie (indien nodig). Dit alles gesê, glo ek mense weet dat ek baie graag ons aantal saadjies wil verminder as persentasie van al die artikels. Dus moet ons maar vir 'n middelweg soek. Maar ek stem dat ek nie net sommer kort artikels wil uitvee nie. Alhoewel ek saamstem dat saadjies bietjie anders werk by ons as by Engels, voel ek dit bly 'n belangrike aspek van 'n wiki-projek. --Alias (kontak) 16:31, 2 Junie 2008 (UTC)
-
- Makliker gesê as gedaan - wat doen mens met 'n kopseer soos FMD? Anrie (kontak) 19:31, 9 Junie 2008 (UTC)
-
- Die Soria-outeur was nogal samewerkend. Het aangebied om 'n "inligtingskas" by te sit. Hy/sy is net nie Afrikaans-vaardig nie. Kan ons hom/haar vra om die artikels te konsolideer alfabeties (Dorpe in Soria A; Dorpe in Soria B) ens. Dan het ons meestens 26 artikels en verloor tog nie die inligting nie. hansjoseph (kontak) 12:20, 3 Junie 2008 (UTC)
- Samewerkend, ja - maar dit geld tog vir alle gebruikers wat besluit dat hul tuisdorpie, -provinsie esv. ongeag sy onbenulligheid op alle Wikipedia-projekte sy klein artikeltjie moet kry om statistieke te verhoog. Die meeste munisipaliteite van Soria is onbeduidende dorpies met soms net tien inwoners. Behalwe vir 'n aantal belangrike geskiedkundige, administratiewe esv. plekke is die meeste van hulle ongelukkig kandidate vir verwydering aangesien die hoofartikel al oor 'n volledige lys van munisipaliteite beskik. Sodra Tienie Jonker Toere in Potchefstroom of ander reisagentskappe in Suid-Afrika begin om 'n jaarlikse Soria-rondreis deur hierdie dorpies te reël kan ons weer hieroor gesels ;) [met 'n diaboliese grynslag] --Voyageur (kontak) 12:49, 3 Junie 2008 (UTC)
[wysig] Soektogsleutelbord
Ek verstaan nie, wanneer ek die soekfunksie gebruik, wys dit nie meer die sleutelbord nie. Kan enigiemand anders dit sien? Of is dit handmatig verwyder? Adriaan90 (kontak) 09:37, 3 Junie 2008 (UTC)
- Ek kan dit ook nie sien nie. Niemand van ons het dit verwyder, sover ek weet nie. Anrie (kontak) 09:48, 3 Junie 2008 (UTC)
-
- Dit werk nou weer :D Dit lyk asof die soekbladsy se formaat verander het, so die script moes seker daarmee saam verander. En ek het toe ook sommer 'n drop-down menu bygevoeg, wat ek op die Poolse common.js-bladsy gekry het. Adriaan90 (kontak) 09:54, 3 Junie 2008 (UTC)
-
-
- "Klawiaturka"? --Alias (kontak) 09:57, 3 Junie 2008 (UTC)
-
-
-
- Oeps! Dis nou reg. Adriaan90 (kontak) 10:00, 3 Junie 2008 (UTC)
- Terloops. Ek dink steeds ons moet maniere soek om mense te help om ordentlik te tik met 'n sleutelborduitleg wat alles kan doen wat hulle benodig. So 'n sleutelbordjie is regtig net 'n tydelike oplossing. Dalk 'n skakel na dokumentasie oor 'n rekenaarstelsel wat ordentlik vir Afrikaans opgestel is? --Alias (kontak) 10:03, 3 Junie 2008 (UTC)
-
- Enige tyd, dit sal my ook vreeslik help. Ek sit alewig met "character map" oop. Al sleutelborduitlegde wat ek op die internet kry, is moeilik om te gebruik en maak my deurmekaar. Ek dink egter die beste oplossing sal wees om 'n verskaffer van Afrikaanse sleutelborde te kry. Daar moet mos so iets wees? 'n Sleutelbord met 'n "ê" en 'n "ë" ten minste. Ek het al baie by winkels gevra of hulle so iets het, en dan kyk die mense my net snaaks aan. Adriaan90 (kontak) 11:14, 3 Junie 2008 (UTC)
-
-
- Dalk is 'n kombinasie van 'n Duitse of beter nog Franse sleutelbord en Windows XP/Vista die oplossing vir hierdie soort probleme? Ek beweeg dikwels maklik tussen Duits en Frans wanneer ek diakritiese tekens vir Afrikaans benodig (die Franse uitleg verskaf die "ë" met 'n kliek op die Duitse sleutelbord se "Ü" en "e", die Duitse uitleg het die "ö" vir "koördineerder" esv.). --Voyageur (kontak) 11:36, 3 Junie 2008 (UTC)
-
-
- Sjoe, dis verskriklik om te hoor dat jy 'n karakterkieser moet gebruik om jou eie taal te tik. Ek sal probeer om bietjie notas te maak hieroor. Hier is iets uit die antieke af.wp-geskiedenis: Bespreking:Afrikaans#fff1f1nbord. --Alias (kontak) 15:37, 3 Junie 2008 (UTC)
-
-
-
- Waarskynlik sal 'n Franse of Nederlandse - of beter nog - Belgiese sleutelbord 'n goeie oplossing wees vir hierdie soort probleme. International Keyboards is 'n verskaffer wat blykbaar ook klante uit oorsese lande sal aanvaar. --Voyageur (kontak) 15:51, 3 Junie 2008 (UTC)
- Soos ek die Belge ken, sal daar twee wees; 'n Vlaamse toetsbord en 'n Waalse toetsbord. hansjoseph (kontak) 08:13, 4 Junie 2008 (UTC)
- Die Waalse AZERTY-uitleg sal die beste keuse wees. Maar dit is nogal vreemd dat daar geen Afrikaanse uitleg beskikbaar is nie. --Voyageur (kontak) 09:40, 4 Junie 2008 (UTC)
- Ek het bietjie notas geskryf by Hulp:Tegnologie. Help asseblief om goeie skakels daarheen te skep (gebruikersportaal, of watookal). Ek hoop dit help. --Alias (kontak) 11:12, 4 Junie 2008 (UTC)
[wysig] Relevansie / Wikiwaardigheid / Noemenswaardigheid
Dit word vir my by die dag belangriker dat ons iets opstel soos en:Wikipedia:Notability, nl:Wikipedia:Relevantie de:Wikipedia:Relevanzkriterien en fr:Wikipédia:Critères d'admissibilité des articles.
Ek was onder die indruk dat "As daar vir die onderwerp van 'n artikel geen betroubare, derde-party bronne beskikbaar is nie, behoort Wikipedia nie 'n artikel daaroor te hê nie" redelik duidelik was (Wikipedia:Verifieerbaarheid), maar as ek na 'n aantal van ons artikels kyk (en die stilswyende aanvaarding deur die gemeenskap), lyk dit my dit is nie die geval nie.
Ek is bereid om 'n selektiewe versmelting van sommige van die bogenoemde te maak en voor te stel vir aanvaarding. Anrie (kontak) 06:52, 6 Junie 2008 (UTC)
- Oe!!! Oppas Anrie, Relevansie is 'n waardeoordeel en jy gaan in die warm water beland. Die bestaan van bronne is egter nie en ek steun jou daarin dat ons bronne nodig het vir al die "hoof"-artikels. (Uitsonderings, datums, dubbelsinnighede (en miskien saadjies?)hansjoseph (kontak) 07:38, 6 Junie 2008 (UTC)
-
- Dit is nie in hierdie geval 'n waardeoordeel nie, maar direk gekoppel aan die "verifieerbaarheids"-beleid. Sien bv. die Engelse riglyne wat begin met: "If a topic has received significant coverage in reliable sources that are independent of the subject, it is presumed to be notable." Dit gaan dan voor om "reliable sources", "significant coverage", ens. te definieer, mense daaraan te herinner wat Wikipedia nié is nie. Hulle het dan 'n magdom subbladsye wat individuele onderwerpe dek, maar almal kom terug na daai stelling hierbo:
-
-
- Vir mense: A person is presumed to be notable if he or she has been the subject of published secondary source material which is reliable, intellectually independent, and independent of the subject. en ander logiese goed soos Relationships do not confer notability en Avoid criteria based on search engine statistics.
-
-
- Vir organisasies: A company, corporation, organization, team, religion, group, product, or service is notable if it has been the subject of coverage in secondary sources. Such sources must be reliable, and independent of the subject. The depth of coverage of the subject by the source must be considered.
-
- Dit hamer dus maar die heeltyd op daai een stelling: Artikels moet gebaseer wees op betroubare, derde-party gepubliseerde bronne met 'n reputasie vir akkuraatheid (uit Wikipedia:Verifieerbaarheid) en mens sal dus dink dat nog bladsye wat dieselfde noem en daarop uitbrei oorbodig sou wees, maar hier is 'n paar artikels wat die teendeel beweer. Anrie (kontak) 08:25, 6 Junie 2008 (UTC)
-
-
- Is daar spesifieke voorbeelde wat jou oorreed het om hierdie kwessie aan die lig te bring? Dalk kan ons solank daarna begin kyk en die noemenswaardigheid van hierdie artikels bespreek. Ook, word onnoemenswaardige artikels summier geskrap, of net gelys vir verwydering? Adriaan90 (kontak) 09:58, 6 Junie 2008 (UTC)
- Heeltemal reg Anrie. Let net op dat gesê word "as daar nie bronne IS nie", nie as die artikel nie bronne HET nie. As daar is, maar die artikel het nie, moet dit liewers by gevoeg word. Dit bring my by die Duitse sokkerklubs. Hulle het bronne, maar dit is meestal die klub se webblad. Is dit OK en is dit relevant vir Suid-Afrika? Ek wil nie 'n waardeoordeel vel nie, die meeste van die pouse in die vroeë Middeleeue is maar obskuur en dalk ook nie van veel belang vir Suid-Afrika nie. Ek dink dat ons ons nie daaroor moet uitspreek nie, maar hou by "betroubare derde party bronne".
Ek merk ook op dat die Nederlandse wiki sê dat lyste nie intrinsieke waarde het nie en slegs geldig is as hulle addisionele inligting bevat (Gelukkig kwalifiseer my Lys van pouse). Ons moet maar baie versigtig en tegemoetkomend wees. Ons wil nie nog medewerkers afskrik nie, ons het min genoeg. 'n Mens raak geheg aan "jou" bydrae al besef jy dat dit eintlik nie "joune" is nie. hansjoseph (kontak) 10:13, 6 Junie 2008 (UTC)
-
- Ek dink wat baie gebruikers nie besef nie, is dat dit nie gaan oor wat relevant tot Suid-Afrika is nie. As 'n artikel oor 'n kleuterskool in Boendoesburg, Transvaal hier kan wees, dan kan 'n artikel oor 'n kleuterskool in Klein Dorpie X in Timboektoe ook hier wees. Hierdie is miskien 'n Afrikaanse ensiklopedie, maar dis nie 'n soseer 'n Suid-Afrikaanse ensiklopedie nie. Duitse sokkerspan / Suid-Afrikaanse sokkerspan, 'n parlementslid uit Fidji, of een uit Suid-Afrika - die land van herkoms behoort in meeste gevalle nie 'n kriterium te wees nie (daar mag uitsonderings wees waaraan ek nie nou kan dink nie).
-
- Ek wil vir eers liefs weg bly van spesifieke voorbeelde, Adriaan, terwyl ek my gedagtes hierom nog in orde probeer kry.
-
- Ek was nog nooit 'n voorstander van "laat moontlike nie-relevante goed maar toe, ons wil nie gebruikers afskrif/konflik veroorsaak nie". As mens eers 'n presedent vir hierdie goeters skep, dan gaan dit naas onmoontlik wees om almal te rehabiliteer as hier eers meer bydraers is. Enige bydraer wat sy sout werd is, sal verstaan as mens op 'n vriendelike dog ferm wyse verduidelik wat aanvaarbaar is en wat nie (van my eerste bydraes tot die en.wp was oorspronklike navorsing, maar na ek geleer het dit nie toegelaat word nie, het ek dit bloot aanvaar (bietjie soos 'n -oepol gevoel) en verder gegaan). Selfs toe ek by die Afrikaanse Wikipedia aangesluit het, het ek baie minder van die beleide en korrekte gebruike verstaan - ek het hoeveel beelde opgelaai sonder bronne of lisensies. As iemand sy dinges wil wip en die projek wil verlaat as mens hom op sy foute wys is dit sy saak, maar ek dink die meeste beginners sal dit waardeer as mens hulle verduidelik wat goed is en wat nie - hoe moet hulle dit anders leer?
-
- Een van die grootste voordele van 'n klein Wikipedia soos hierdie is dat mens meer beheer oor die inhoud het. Ek hoop ons bereik nooit 1,3 miljoen artikels soos die en.wp nie, want as mens so 'n groot wikipedie het dan sal 'n groot deel oor tjol moet wees (daar word nie verniet daagliks naastenby 100 artikels vir verwydering genomineer nie) en buitendien naas onmoontlik om te beheer/onderhou/administrateer.
-
- Jammer ek praat nou so baie. Anrie (kontak) 10:58, 6 Junie 2008 (UTC)
-
-
- Ek dink oor die vrye aard van die ensiklopedie benader baie mense wikipedia soos 'n webjoernaal wat wikipedia natuurlik nie is nie. Duitse sokkerklubs gaan heel waarskynlik meer relevant vir sekere mense wees as wat kwantumteorie in my oë is. Wikipedia is 'n unieke sosiale eksperiment en ek dink ons moet tog probeer om so buigsaam moontlik te wees sonder om die uiteindelike doelwit geheel en al uit die oog te verloor. Op 'n persoonlike vlak bly egter sterk gekant teen mense wat artikels oor hulself hier kom skryf ongeag van hoe belangrik hul dalk in der waarheid mag wees. 'n Groot toets vir wetenswaardigheid is tog of ander bereid is om iets oor 'n persoon te wil skryf, maar miskien is dit net 'n teken van my afkeurenswaardige vooroordeel teenoor narcistiese persoonlikhede :) --RAM (kontak) 11:43, 6 Junie 2008 (UTC)
Ek is juis van voorneme om die klubs wat promosie tot die Oberliga in die pas afgelope seisoen gekry het en nog nie gedek is nie hier by te voeg. Staal jouself dus maar, hansjoseph! Graaf (kontak) 17:47, 6 Junie 2008 (UTC)
-
- Toemaar Graaf, ek gaan nog oor die 100 pouse, sowat 40 teenpouse en nog ongeveer 200 pouse van die Koptiese Kerk byvoeg!! Geniet jouself! Groete hansjoseph (kontak) 07:23, 7 Junie 2008 (UTC)
[wysig] Kategorie:Geboortes in XXXX en Kategorie:Sterftes in XXXX?
Is it about time to create these categories and start to categorize all biographies after when they're borned or died? This categorization would help us to expand the year articles, since it will be easy to find the people who belongs under the Sterftes and Geboortes sections on the respective year article. What do you think? (Sorry for not writing in Afrikaans – yet) --EivindJ (kontak) 10:57, 6 Junie 2008 (UTC)
- Ek is 'n groot teenstander van hierdie spesifieke kategorieë. Die kategoriseringstelsel van die en.wp maak die gebruik van kategorieë byna onmoontlik. Alhoewel ek die nut van relevante kategorieë kan insien (en soms is daar 'n hele paar), word ek maklik gefrustreer as ek die kategorie wat ek soek onder "19xx-sterftes", "19xx-geboortes", "Mense uit XX-ville" en "Mense met rooi hare" moet gaan uithaal. Wel, daai laaste een bestaan (nog) nie, sover ek weet nie, maar die ander is vir my net so verregaande. Jammer as ek nou kortaf is, maar ek voel baie sterk hieroor. Anrie (kontak) 11:04, 6 Junie 2008 (UTC) (EivindJ, I'll translate this if need be, but let's just say, I'm not too overjoyed about these categories.)
- Ek het nie nodig vir vertaal nie, want ek kan meer Afrikaans lees en verstaan dan skryf ;) Well, about the categories, I have never looked at them as problems, and it isn't just en.wiki that uses them ... it's quite a few actually (look at the iw's). Anyways, this is up to you guys to decide. I'll just help out putting categories if people want them :) --EivindJ (kontak) 11:16, 6 Junie 2008 (UTC)
- Persoonlik bly ek ten gunste van 'n kategoriseringsbeleid wat verband hou met die aantal artikels oor 'n sekere vakgebied. As ek 30 artikels het oor 'n sekere vakgebied dan sit ons alle artikels in die hoofkategorie. Soos die artikels uitbrei skep ons subkategorieë. Sodoende sal ons altyd 'n sinvolle kategorieboom hê. Ek voel selfs ons moet op 'n stadium dalk kyk om 'n goeie visuele voorstelling van ons kategorieboom op te stel om as gids te dien vir mense wat probeer vasstel in watter kategorie/ë hul artikels die beste sal pas. --RAM (kontak) 11:37, 6 Junie 2008 (UTC)
-
- Ek wil ten gunste wees van die kategorisering volgens geboortedatum/sterftedatum, maar ek wil net hê dit moet netjies wees. Ek kan nie aan 'n ordentlike manier dink om dit te doen nie. Mens sal dalk die "Mense volgens nasionaliteit"-kategorie moet herinstel om op dieselfde vlak van "Mense" te vertak as "Mense volgens geboortedatum" en "Mense volgens sterftedatum", wat dalk té ekstra of deurmekaar is? Dalk is dit nie eintlik nodig om die datums van geboore/sterfte as kategorieë aan te dui nie. Ons kan die inligting handmatig vanaf ander bronne in die jaarbladsye invul, en dan as iemand vir 'n geboorte in xxxx jaar soek, kan hulle net na die spesifieke jaarblad gaan. Hierdie doel sal natuurlik die omgekeerde wees van om vanaf die kategorie te sien wie wanneer gebore of dood is, maar as die enigste doel van 'n geboorte/sterfte-kategorie is om die datumbladsye te voltooi, dink ek nie dit dien enige nut (op die lange duur) nie. Dalk net as 'n tydelike instelling? Iets soos (van onder gekyk) Mense volgens geboorte < Kategorieë om die invulling van lyste te vergemaklik < Wikipedia < Alles ? Adriaan90 (kontak) 11:56, 6 Junie 2008 (UTC)
- Vir wat dit werd is, ek is ook ten gunste hiervan. Is dit nie in elke geval die de facto manier om dit op wikipedia te doen nie? Hoekom moet ons altyd so anders wees? Groete. Frank (kontak) 07:52, 7 Junie 2008 (UTC)
-
- Nee, dit is nie die de facto manier om dit te doen nie - daar is baie ander Wikipedias wat dit nie doen nie. Albert Einstein word onder wetenskaplikes gekategoriseer omdat hy 'n bekende wetenskaplike was. As hy in sy vrye tyd geborduur het, sal hy nie onder borduurders gekategoriseer word nie, want dis nie waarvoor hy bekend was nie. Hy is ook nie bekend vir die feit dat hy in 1897 gebore is nie. Kyk bietjie na en:Albert_Einstein - die aantal kategorieë daar sit mens sommer baie vinnig af - té veel kategorieë maak die kategegoriestelsel onbruikbaar. ("Swiss vegetarians"?! Regtig, darem...) Anrie (kontak) 08:14, 7 Junie 2008 (UTC)
[wysig] Titelriglyne vir musiekalbums/individuele snitte.
Gebruikers wat 'n opinie het is welkom om die te kom lug by Bespreking:Kent. Anrie (kontak) 12:03, 6 Junie 2008 (UTC)
- Ek is nou besig om die onlangse wysigings te besoedel, so ek sal hierdie bespreking later weer "bump" om bo aan te wys. Adriaan90 (kontak) 12:06, 6 Junie 2008 (UTC)
-
- Wysigings is nou still, so ek bump nou hierdie om boaan te wys. Adriaan90 (kontak) 13:26, 7 Junie 2008 (UTC)
[wysig] Stemming
Moet daar nie 'n skakel op die tuisblad wees waar ons kan stem vir die trustees nie?? Of is daar een en ek sien dit nie?? hansjoseph (kontak) 13:02, 6 Junie 2008 (UTC)
- Daar is een (ek het dit opgesit). Ek kan dit egter slegs sien as ek nie ingeteken is nie, moontlik omdat ek "versteek" by die vorige boodskap gekies het. Ek weet nie hoe om dit reg te maak nie. Anrie (kontak) 13:06, 6 Junie 2008 (UTC)
- Ek het toe gestem. Nogal omslagtig: Teken uit; Gaan na hoofblad (Nou kan jy die stem skakel sien); Kliek die stemskakel; Teken in; Terug na stemming; Stem; Gaan stem noe almal!! Groete hansjoseph (kontak) 07:31, 7 Junie 2008 (UTC)
[wysig] Het julle enige statistieke oor die gebruik van selfone en breintumors
Is daar dalk enige bewyse dat die uitstraling van radioaktiewe stowwe deur die gebruik van 'n selfoon, breinkanker kan veroorsaak. Baie dankie41.244.90.213 15:46, 7 Junie 2008 (UTC)Christa
- Selfoon-straling is nie radioaktief nie, maar die straling van sowel DECT- asook selfone word as 'n potensiële gevaar beskou. Daar is reeds navorsing oor straling en breintumore in Skandinawiese lande gedoen wat geen presiese resultate opgelewer het nie, maar gebruikers word aangeraai om hul selfone liewer nie te intensief te gebruik nie. Lees gerus hierdie artikel wat in die Duitse dagblad Süddeutsche Zeitung verskyn het (dit bevat skakels na Engelse en Amerikaanse artikels uit mediese joernale met 'n aantal statistieke). --Voyageur (kontak) 16:21, 7 Junie 2008 (UTC)
- Hallo Christa, jammer jy was nie ingeteken nie. Ek is vanaf 1993 ook werksaam in juis hierdie gebied van omgewingsgesondheid. Kyk gerus maar op my gebruikersbladsy vir vêrdere inligting. Die straaling (ioniserend) vanaf binne-in die Aarde is natuurlik ook 'n probleem (veral wanneer dit eers deur waterare, magnetiese velde van die Aarde en krake en skeure in die kors van die aarde kom (en verander an afgerem is), dan is dit ook gevaarlik en kan probleme veroorsaak. - Dit kan wees vanaf 'n konsentrasie probleme, slaaploosheid totby kanker en ander groot probleme. Die EMF/EMV-probleme (nie ioniserende straling) is vir my baie erger, omdat daar geduurig nuwe (draadlose) produkte bykom wat nog meer straling veroorsaak. Beste groete Pieter-ZA (kontak) 11:43, 7 Julie 2008 (UTC)
- Gaan kyk maar gerus by: BioInitiative Report, Coghill Research Laboratories, UK, Website for the Electrosensitive, Buergerwelle.de - One of the biggest information sources concerning mobile phones, mobile radiocommunications and electrosmog, By Doreen Carvajal - "Rift delays release of study on safety of cellphones" - Kyk ook na hulle SKAKELS.
Beste groete Pieter-ZA (kontak) 00:09, 8 Julie 2008 (UTC)
[wysig] Update Betawiki
- Currently 67.49% of the MediaWiki messages and 16.34% of the messages of the extensions used by the Wikimedia Foundation projects have been localised. Please help us help your language by localising at Betawiki. This is the recent localisation activity for your language. Thanks, GerardM (kontak) 13:37, 8 Junie 2008 (UTC)
[wysig] Bot running from af.wiki
As far as I know there is no bots running with af.wiki as a basis. We would have advantage of running a bot from here, but I understand people is not too enthusiastic about iw bots around here. I therefore ask here and hereby offer to make my bot run from af.wiki. I can also run my bot for other things than iw, like chaning category names etc. (Feel free to discuss in Afrikaans) --EivindJ (kontak) 09:02, 10 Junie 2008 (UTC)
wats a bot? --Africa South (kontak) 17:15, 10 Junie 2008 (UTC)
- A software program designed to automate repetitive tasks, e.g. updating interwiki links, changing category names and other stuff. Whenever it detects another language version of an article you have earlier written on the Afrikaans Wikipedia, a bot will add this link to your article. --Voyageur (kontak) 17:27, 10 Junie 2008 (UTC)
-
- Ek stem saam dat Gebruiker EivindJ se robot hier gerus "voorkeurbehandeling" as 'n betroubare, plaaslike bot kan geniet en vanaf ons projek mag loop. --Voyageur (kontak) 17:27, 10 Junie 2008 (UTC)
-
- Ek ook. Graaf (kontak) 17:33, 10 Junie 2008 (UTC)
These bots don't sound too reliable.--Africa South (kontak) 18:12, 10 Junie 2008 (UTC)
- Oh, they are not too bad. The most of them run on the python framework, which is well tested and works all fine if one is carefull. The abovementioned bot is running on this framework and has not experienced any problems so far. Of course, we can never give too advanced tasks to a bot since it is not a human. Also, the bot will not have the necessary rights to do much harm, since it cannot delete etc. A bot's contributions is also there for you to controll, so that everyone can react if probleems occure. Besides all this I will carefully monitor all the bot's edits from time to time, making sure it is not living its own life. --EivindJ (kontak) 19:31, 10 Junie 2008 (UTC)
=D , ok , dankie. —Die voorafgaande anonieme kommentaar is deur Africa South gelewer (Bespreking • Bydraes) 19:33, 10 Junie 2008.
- Ek glo nie enige robot moet ooit voorkeurbehandeling kry nie. Ek stem in dat die robot gebruik kan word vir interwikiskakels - EivindJ het 'n goeie begrip van Afrikaans en ook van interwikiskakels soos onlangse interwikiwysigings aangedui het. Verder kan die robot miskien vir ander doeleindes gebruik word, ná oorleg met die gemeenskap en van taak tot taak. Anrie (kontak) 08:40, 11 Junie 2008 (UTC)
Hm, it seems to be consencus to have my bot running from af.wiki, but no flag is issued. May I just start without a flag? --Eivind (kontak) 14:04, 20 Junie 2008 (UTC)
- Why not - you're a local user, and your bot doesn't do any harm. --Voyageur (kontak) 14:10, 20 Junie 2008 (UTC)
[wysig] Vandalisme deur robot?
Interpreteer ek dit reg of verteenwoordig dit wat ek hier sien vandalisme deur 'n sogenaamde robotgebruiker? Is dit dan ook nie een van die kopsere met al die inerwiki robotte nie. Hoe rol 'n mens nou vinnig so 'n vandalistiese daad terug na al die veranderinge wat daarna gevolg het. --RAM (kontak) 06:04, 12 Junie 2008 (UTC)
- Nee, dit lyk deur 'n anonieme gebruiker bygevoeg te wees. Ek het sommer alles teruggerol - die drie verlore interwikis kan mens mos maar met die hand weer byvoeg. Anrie (kontak) 06:17, 12 Junie 2008 (UTC)
- Dankie, Anrie. Ek het ook in die slaggat geval en die arme dremmel geblok. Daar was klomp wysigings tussenin wat ek en RAM blykbaar gemis het. --06:25, 12 Junie 2008 (UTC)
- Wel, toe daar staan "14 intermediate revisions not shown", toe wonder ek. Dit lyk of die wysigings wat sedert die vandalisme bygevoeg is nie ook verwyder is nie. Anrie (kontak) 06:27, 12 Junie 2008 (UTC)
- Ek wonder nou net hoe jy dit reggekry het om die intermediate revisions te besigtig? --RAM (kontak) 22:43, 12 Junie 2008 (UTC)
[wysig] Wysigingsopsommings, mense!
Vriendelike versoek: probeer asseblief om altyd 'n (beskrywende) wysigingsopsomming by te voeg wanneer julle wysigings aan 'n artikel bring, selfs al is daar nog slegs een bydraer by die artikel. Dit kan baie help as iemand in die wysigingsgeskiedenis rond soek vir wanneer spesifieke inligting bygevoeg is. Ook, as 'n beeld bygevoeg word, gee asseblief die beeld se naam (bv. voorbeeld.jpg). En die skep van 'n nuwe artikel moet asseblief nie as 'n "klein wysiging" gemerk word nie. Anrie (kontak) 06:25, 12 Junie 2008 (UTC)
[wysig] Geen bronne?
Ek is nie ten gunste daarvan dat ons op elke bladsye {{geen bronnelys}} plaas nie... Dit lyk verskriklik onnet. Ons kan eerder probeer om self bronne by te voeg. 'n Leser hoef seker nie alles te glo wat hy hier lees nie, mits daar bronne by is nie. Dit is tog algemeen aanvaar om nie alles te glo wat mens lees nie. Maar dit is nie die punt nie. Die sjabloon besmet nou 'n hele paar artikels. Lyk baie sleg. Adriaan90 (kontak) 11:04, 13 Junie 2008 (UTC)
- Ek stem saam dit lyk sleg, maar 'n gebruiker het wel die reg om aan te dring op bronne indien 'n artikel nie daaroor beskik nie. Ek dink dis 'n goeie ding dat hansjoseph hom hiermee besig hou - ek was van plan om reeds gister 'n artikel oor Verrocchio te plaas, maar dis 'n vertaling van die Engelstalige een wat geen bronne het nie. Uit vrees vir daardie sjabloon is ek dus nou eers besig om die inhoud by ander webwerwe te verifieer en bronny by te voeg, wat beteken dat die artikel op die ou einde meer betroubaar is.
- Alhoewel mens nie alles moet glo wat jy lees nie (tensy dit in die Beeld of in die Bybel staan (outydse grappie)), glo ek regtig nie dat dit die houding is wat ons moet aanneem nie - as ons self nie die projek ernstig kan neem nie, hoe kan ons verwag dat besoekers dit dan wél moet doen? Anrie (kontak) 11:08, 13 Junie 2008 (UTC)
- Om by te voeg:Die byvoeging van bronne kan deksels harde werk wees - ek sien hansjoseph verifieer inligting en voeg wél bronne by waar hy kan. Anrie (kontak) 11:14, 13 Junie 2008 (UTC)
-
- Ek is heel bereid om te help met maklik opspoorbare bronne maar ek voel mense wat artikels plaas met inligting en feite wat moeilik is om na te gaan moet probeer om meer moeite te doen met die plaas van verwysings veral in die geval van omstrede onderwerpe. Probleem met artikels sonder 'n bronnelys is ook dat hulle dikwels nie in die meeste deelnemers se belangstellingsveld lê nie, wa
|