|
|
Sjabloon:Het u geweet
... dat die eerste wêreldrekord deur 'n Suid-Afrikaner in 1883 deur die verspringer Izak Prinsloo op Kerkplein in Pretoria opgestel is?
... dat die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad, wat tussen 1666 en 1679 deur die VOC gebou is, die oudste gebou in Suid-Afrika is?
... dat die Kop Stand by Anfield Stadium, die tuiste van die Engelse sokkerspan Liverpool F.C vernoem is in eerbied van die Slag van Spioenkop? 300 Britse soldate het in die slag gesneuwel en 1653 is gewond.
... dat Ellen Johnson-Sirleaf die eerste verkose vroulike president van 'n Afrika-land is? Sy is as president van Liberië ingehuldig op 16 Januarie 2006 nadat sy die 2005 verkiesing gewen het.
|