|
GereedskapAnder tale
|
Madagaskar
Madagaskar is 'n eiland in Afrika, die grootste in die Indiese Oseaan, sowat 400 kilometer oos van die Mosambiekse kus. Met sowat 'n half miljoen vierkante kilometer is die eiland so groot soos sy moederland Frankryk. [wysig] Geografie[wysig] EkonomieIndien 'n mens die bruto nasionale produk van Madagaskar as 'n maatstaf gebruik, is die eiland die vierde armste land ter wêreld. Die landbou is nog steeds die belangrikste bron van inkomste; baie kleinboere voer net 'n bestaansboerdery. Madagaskar, wat ook as die "eiland van speserye" bekend staan, is die vernaamste uitvoerder van vanielje op die internasionale mark en voorsien in sowat 80 persent van die wêreld se jaarlikse behoefte. Ander belangrike uitvoerprodukte is koffie, vis, katoenprodukte, suiker, chroom, grafiet en naeltjies. Frankryk, die VSA en Duitsland is die grootste handelsvennote. Die toerisme is nog nouliks ontwikkel; in die jaar 2004 besoek sowat 230 000 mense die eiland, veral toeriste uit Frankryk en Duitsland. Die regering beywer hom om die toerisme, nou die tweede grootste sektor van die ekonomie, vinnig te ontwikkel deur veral die infrastruktuur te verbeter. Tans kan die land nog geen groot getalle besoekers handhaaf nie; dienste soos elektrisiteit en water word net aan sowat 'n vyfde van die bevolking verskaf. Die uitbou van die toerisme en oprigting van hotelle sal dus net geleidelik moontlik wees. [wysig] MenseDie amptelike taal is Frans en Maleisies.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||